Hierdie is ons

NETSO

 

Netso is gebore uit ons 'elke-dag-se-leef'. Ons is drie sussies. Loubie, Ilse en Renette. Ilse bly in Ierland...en ja ons verlang ellke dag! Sy is nie tans operasioneel deel van Netso nie, maar ons brei hopelik binnekort uit... Sy is wel deel van ons sussie-wees en 'elke-dag-se-leef'! 

 

Ons is lief vir Jesus en poog om elke dag Sy Koninkryk uit te bou. Moet asb. nie dink ons is perfek nie...juis nie, dít is juis hoekom ons so in verwondering en geloof in Hom leef. Hy sê in Sy Woord dat Hy die werk wat Hy in ons begin het, end-uit sal voer tot die dag wat Hy ons kom haal. Wat 'n reis is dit nie saam met Hom nie! Die hoogte- en laagtepunte! 

 

Ons is ma's wat werk,  kosblikke pak, "school runs" doen, kokke wat aandetes maak, tyd maak vir ons mans, oefen, 'n oor/skouer vir 'n vriendin, huishouding-bestuurders, aktiwiteit-organiseerders! Elke vrou sal presies weet waarvan ons praat...jou lysie lyk dalk net anders, maar agter jou skerm knik jy jou kop, want jy weet presies.

 

In kort: Ons is vrouens wat MULTITASK! En ons lief dit! Dít is waaruit Netso gebore is. Met 'elke-dag-se-leef' het ons 'n paar produkte ontwikkel wat jou sal help om jou beste lewe te leef!

 

Kyk gerus wat ons alles bied, ons weet jy sal ons produkte baie geniet!

DESIGNETT

Kreatiwiteit is in ons bloed. Dit is 'n gawe van God. Tegnologie het definitief sy plek, MAAR so ook uniekheid. Laat ons toe om die uniekheid van jou besigheid aan die wêreld te wys deur kreatiewe bemarking, doeltreffende grafiese ontwerp en uitstekende uitvoering van top gehalte drukwerk. Ons maak gebruik van "eternal intelligence" (IE), die talente wat God vir ons gegee het. Ons hoor graag hoé en waarmee ons jou kan help!